Ongekategoriseerd

Februarie 2017

Liewe Ondersteuners.

In Mosambiek gaan dit moeilik met die ekonomie. Normaalweg wissel pryse van mielies baie van oestyd tot hongertyd, maar dié jaar was dit baie erg, van 400 mt vir ‘n sak na so 2 weke terug, 1,725 mt per sak.

Ons hoor van groot deurbrake op Namau. Na soveel jare en net een bekeerling, hoor ons van baie nuwe deurbrake.

Ons hoor onder andere van die onderwysers wat kom vra om deel te wees van die Bybelstudiegroep. Na ‘n tyd is een keer per week nie genoeg vir hulle nie, en nou hou hulle twee keer per week Bybelstudie. Die skool vra vir Johan en Enna om ‘n pre-skool daar te help open. Verder is daar ‘n groep van 20 mense in die stad wat vra om aan te sluit by die Gereformeerde kerk.

Ander projekte gee ook hulle terugvoer en ons neem afskeid van dokter Freek en Anna wat vroeg in 2017 ons verlaat. Gelukkig hoor ons ook van ‘n nuwe dokter wat bietjie later in die jaar kom om te help.

Verdere uitdagings van die sinode, is kommunikasie en eenheid, tekort aan geestelike werkers, uitgestrektheid en leierskap.

Die laaste aand wou ek gaan slaap voor my rit na RSA, maar word gevra om die verkiesing te fasiliteer. Tot vroeg oggend skeur ek papiertjies en tel stemme. Later vertrek ek na Blantyre.

By die huis sit ek ‘n afdak op vir skoonma se karretjie. Dit gaan moeilik met ma Ann. Sy doen baie goed met die aanpassing, pyn en ongemak wat sy beleef.

Voorbidding:

  • Baie om voor dankbaar te wees met die terugrit.
  • Bid vir beplanning vir die toekoms.
  • Bid vir skoonma Ann Davies.
  • Bid vir die onbereikte noorde van Mosambiek.

Baie liefde
Danie vir Handevat Proteahoogte.



1 thought on “Februarie 2017”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui